Marietjie Fourie

Marietjie Fourie

BLINKPLAN HASIE LUISTER VIR MAMMA – DEEL 2

“Mamma, kan ons asseblief vir Blinkplan Hasie gaan kuier, ons sal gou terug kom?” Vra ouboet muisie. Hulle wou eintlik gaan dankie sȇ. “Julle moet voor ete terug wees, hoor!” Antwoord mamma.

Die twee is so bly hulle dans sommer al die pad tot by Blinkplan Hasie se huis. Maar Hasie is toe nie tuis nie. “Wat nou, wat gaan ons nou doen?” Vra altwee muisies gelyk. “Kom ons gaan soek hom by die rivier.” Sȇ die ouboet. 

Oppad hoor hulle ‘n snaakse geluid. “Wat is dit, ek is bang.” “Hoo, hoo, dit is ek, oupa uil en julle is lekker kos vir ‘n uil!”  Die muisies gaan aan die bewe. “Ag oupa uil, ons soek vir Blinkplan Hasie om dankie te sȇ. Hy het ons lewens gered.” Oupa uil kry hulle jammer en hy weet alles wat in die bos aangaan. “Hy het gaan water haal, maar julle moet versigtig wees en nie so vȇr van julle huis af gaan nie.” Hulle het Blinkplan Hasie gekry en dankie gesȇ. Hy was so gaaf, hy het saam met hulle tot by hul huisie gespring. Hulle mamma was so bly, sy weet Blinkplan Hasie het haar seuntjies beskerm. Sy nooi hom om saam koeldrank en koekies te geniet.

Share on facebook
Share on twitter
Share on email