Marietjie Fourie

Marietjie Fourie

BLINKPLAN HASIE LUISTER VIR MAMMA – DEEL 1

“Luister vir mamma” deel-1

Een oggend vroeg kruip twee klein muisies uit hul warm huisie. Hulle pappa en mamma is reeds weg om kos te gaan soek.

“Waarheen gaan ons, mamma het gesȇ ons moet by die huis bly.”

“Toe maar jy sal sien, moenie bang wees nie!” Sȇ die ouboet.

Vinnig hardloop hulle deur die lang gras. “Kyk, sien jy die ou stukkende kar, ons kan daar gaan speel.” Hulle kruip by ‘n gaatjie in en net toe hulle binne is, hoor hulle ‘n gesnork. O! wee! Dit is die kat, en nou is hulle in groot moeilikheid!

Gelukkig het Blinkplan Hasie gesien wat die twee stouterds doen. Hy het geweet die kat slaap altyd daar. Hy dink vinnig aan ‘n plan.  Toe spring hy ewe vrolik op en af en sing kliphard. “’n Kat kan my tog nie vang nie, o ja, ja!” “’n Kat kan my tog nie vang nie, o ja, ja!” Die grootoog kat  word wakker en is dadelik kwaad. Sy spring op en jaag die arrogante hasie tot in die bos.

Die twee muisies glip gou uit en nael vining as wat hule kan huis toe. Hulle sal maar later vir Blinkplan Hasie gaan dankie sȇ en liewer volgende keer vir hulle mamma luister.

Share on facebook
Share on twitter
Share on email