Minda Marshall

Minda Marshall

Minda Marshall is an educationalist and researcher in visual processing and cognitive skills development and has generated cutting-edge reading and cognitive development and support solutions for schools, universities and various other organizations for more than 17 years.

Ons kan ons kinders help om beter te presteer

“Wanneer ‘n kind sou kon leer om te lees, en nie geleer word nie, doen die kind groot skade op, en so ook die kind se gemeenskap,” aldusregter Stephen Murphy.

Ons is reeds in die tweede kwartaal van 2019, en elke dag wonder ek… word die belangrike vaardighede van visueleprossessering, lees en begrip voldoende in ons skole verbeter? Gaan ons teen die einde van hierdie jaar ‘n beduidende verbetering sien in hierdie uiters belangrike vaardighede? Jy kan dalk wonder hoekom hierdie vrae beantwoord moet word? Werkverskaffing en Sosiale Ontwikkeling in Kanada het met nuwe navorsing aangedui dat leesbegrip een van die top vyf vaardighede in die toekoms is. In ‘n wêreld waare ons amper elke dag nuwe dinge moet leer, is dit verstaanbaar. Dit gee ons as ouers en onderwysers, meer as genoeg rede om ons self af te vra: “Is ons besig om ons kinders goed genoeg voor te berei? Gaan hulle werklik suksesvol kan wees in die toekoms met die kennis en vaardighede wat hulle vandag leer?” Indien ons antwoord op die vrae “JA” is, is ons of oningelig, of ons is maar tevrede met die hoë persentasie leerders wat nie op ‘n aanvaarbare vlakke kan lees nie.

Volgens die mees onlangse “Progress in International Reading Literacy Study (PIRLS)” studie kan meer as 78% van Suid-Afrikaanse leerders nie lees met begrip nie, en in die Limpopo provinsie styg die persentasie tot ‘n skokkende 90%. Tydens hierdie navorsing, waarin die leesbegrip van leerders in hulle vierde skooljaar getoets is, het Suid-Afrika die swakste gevaar uit 50 lande. Dit is ‘n geweldig kommerwekkende situasie, veral as ons in ag neem dat navorsing keer op keer bewys het dat kinders wat teen die einde van hul derde skooljaar nie goed kan lees nie, geneig is om swak lesers te bly en sodoende ook ‘n agterstand op te bou in ander akademiese areas. Hulle het ook gevind dat leerders wat probleme ondervind met lees, meer geneig is om skool te verlaat, of uit te val.  Die volgende statistiek maak die problem al hoe duideliker:  van die 624 733 voltydse, openbare skoolleerders wat in matriek was aan die begin van 2018, het slegs 512 735 die finale eksamen afgelê.

‘n Plaaslike studie by een van die toonaangewende universiteite van Suid-Afrika het ook uitgewys dat leesprobleme een van die mees uitdagende kwessies is wat Hoër Opvoedkundige Inrigtings in die gesig staar. Omdat die meeste mense dink hulle lees goed genoeg, al is hulle leesvaardighede nie op standaard nie, word hierdie probleem gewoonlik eers opgetel wanneer studente al geruime tyd besig is met hulle akademiese kursus.  Dit word algemeen aanvaar dat studente wat universiteitstoelating verkry het, bevoeg is om te lees en die onderskeie lees fases bemeester het, maar dit is egter nie die geval by heelwat van die studente nie.

Ek glo dat die vooropgestelde idée dat leer om te lees ‘n natuurlike proses is, een van die belangrikste redes is vir die gebrekkige leesvermoë wat ons in deesdae sien.  Om die waarheid te sê, het jare van kognitiewe neuro-wetenskaplike navorsing getoon dat leesbemeestering nie ‘n natuurlike proses is nie.  Leer praat is ‘n natuurlike proses, maar ons moet almal geleer word hoe om te lees. Daar is ‘n spesifieke proses wat in the brein moet plaasvind, en die proses behoort reg deur ons lewe te ontwikkel. Kinders moet ook leer dat die doel van lees op die ou end leer is.

Gedurende die eerste drie skooljare leer kinders om te lees.  Dit is ‘n baie belangrike tyd in leesontwikkeling. Nou word ‘n liefde vir lees en die opwinding om nuwe inligting te leer, gekweek. Gedurende hierdie fase van ontwikkeling word die klanke wat hoor wanneer hulle praat, oorgeplaas in ‘n geskrewe simboolsisteem. Hierdie ontwikkelingsfase kan die leer-om-te-leesfase genoem word.

Graad 3 is die fase waarin leerders ontwikkel na die lees-om-te-leer fase. Nou moet hulle vorder om vanaf die uitklank van woorde tot die herkenning en ontsyfering van woorde, sinne, paragrawe en selfs hoofstukke te kan doen.

Hul moet ook in die fase die betekenis van die teks op verskillende vlakke van begrip kan hanteer.  Ons navorsing oor meer as 30 jaar toon aan dat hierdie oorgang al hoe swakker word, en dat dit nou op ‘n punt is waar dit glad nie meer akkuraat of effektief genoeg plaasvind by die meeste kinders nie.  Dit is dan een van die groot redes waarom so baie kinders sukkel, en ook aanhou sukkel in die hoër grade, en selfs op universiteit. Baie kinders slaag nie daarin om die belangrike oorgang na vloeiende lees te maak nie, en ondervind daarom probleme wanneer hulle betekenis uit die teks wat hulle lees moet haal. Vloeiendheid in lees, is krities vir effektiewe leesvaardigheid en gevolglik die grondslag vir leessukses.

Leesvloeiendheid is maar is een van die areas waar ons werklike verbetering sien (soms tot met ‘n ouderdomsvlak van 5 jaar hoër) met LAB-on-line.  Hierdie ontwikkeling van visuele vaardighede is ‘n werklike oplossing vir junior en senior leerders sowel as vir leerders in die GET-fase en ook studente op tersiëre vlak. Die eerste vraag is gewoonlik, hoe kry julle dit reg?

Lectorsa het ‘n aanlyn-oplossing, LAB-on-line, ontwerp en ontwikkel. Dit teiken en ontwikkel spesifiek visuele prossesseringsvaardighede, asook lees- en kognitiewevaardighede.  Ons gebruik die wetenskap van neurale konstruksie en kombineer dit met die fisiese prosesse van spieroefening deur die leesaksie. Wanneer hierdie noodsaaklike vaardighede ontwikkel en verfyn is, verbeter leerders se akademiese prestasie, hulle selfbeeld en hulle ontwikkel belangrike lewenslange leervaardighede.

Daar is gesê dat daar ‘n diepgaande verbintenis tussen lees, die verstaan van die wêreld en die vermoë om dit te verander bestaan. As ons wil hê dat die volgende geslag suksesvol moet wees, maar meer as dit, ook ‘n beter Suid-Afrika moet bou, beter ons nou ons hande uit ons sakke, of uit die lug haal, en daadwerklik aksie neem on hulle toe te rus met die nodige vaardighede!

Ons kan hierdie kritieke probleem van lees nou aanspreek. Ons kan elke kind help om sy/haar volle potensiaal te bereik en sodoende die impak van armoede en werkloosheid in ons gemeenskappe verlig.

Jy word vandag uitgenooi: Neem deel aan ons veldtog, #YesICan, wat daarop gemik is om geletterdheid regoor ons land te bevorder. Ons kinders verdien niks minder nie. Kontak ons kantoor, office@lectorsa.com om deel te neem aan die #YesICan #Geletterdheidsveldtog en staan ‘n kans om ‘n gratis 10-week leesontwikkelingsprogram te ontvang om by u skool te implementeer.

Skrywer:  Direkteur van Lectorsa, Minda Marshall

Share on facebook
Share on twitter
Share on email